![](https://static.wixstatic.com/media/292bd9_0e75e6cf69b1457e9540db27b59c5b4a~mv2.jpeg/v1/fill/w_980,h_980,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/292bd9_0e75e6cf69b1457e9540db27b59c5b4a~mv2.jpeg)
Dysselsdorp verval. Sedert die dorp 20 jaar verbonde was aan die Oudtshoorn-munisipaliteit, was die bekendstelling van bokkrale en duur wit olifante die enigste ontwikkelings in die dorp.
“Kom ons begin by die begrafplaas,” sê gemeenskapswerker Ashwill Oktober, GOOD se kandidaat in die 9 Desember by-verkiesing in Dysselsdorp.
“Daar is geen omheining nie. Die bokke, die skape – en plaaslike dronkies – het vrye toegang. Op Moeders of Vadersdag, wanneer ons mense blomme op hul ouers se grawe wil sit, vreet die bokke dit af. Mense se grafstene word gevandaliseer. Daar is geen plek vir werkers om hulle behoeftes te stoor, want dié geboutjie is ook gevandaliseer.”
Oktober sê jongmense in Dysselsdorp is desperaat. Daar is geen werk in die dorp nie; hulle is ontnugter deur die lewe, hulle voel nie dat een van die ou politici vir hulle praat nie. Omdat hulle verveeld is wend hulle hulle tot drank en dwelms. Ledigheid is die duiwel se oorkussing.
Van die begrafplaas kuier ons bietjie by die taxi-rank. Hier was ‘n hele paar miljoen Rand gespandeer in 2014, maar die rank is nooit gebruik nie. “Tussen die munisipaliteit en die taxi vereneging was daar issues,” sê Oktober.
Nou is die ontwikkeling so gevandaliseer dat dit totaal onbruiklik is.
Die dorp se nuwe polisiestasie is nog ‘n duur skande. Die afgelope paar jare kan polisie nie dele van die nuwe stasie gebruik nie. ‘n Motorhuis dien nou as charge-office.
Dan kom ons na behuising...
“Daar is ‘n 20-jaar agterstand van behuising,” se Oktober. “Toe begin hulle met ‘n behuisingsprojek; hulle praat van oor die 500 huise. Ontwikelaars is aangestel, en werk het begin. Dan is die projek op hold gesit.
“As ons in die raad kom moet ons fyn toesig hou dat die behuisingswaglys nie deur politici gemanipuleer word nie, en dat die behuisingsprojek nie nog ‘n wit olifant is nie.
Nerens in Dysselsdorp kan u die hope vullis in die strate vermy nie. Buite kerke en kleuterskole, nêrens is veilig nie. Sien die munisipaliteit nie die gesondheidsgevare?
“Jong en ou mense in Dysselsdorp het ons dringende sorg nodig,” sê Oktober. “Hulle kry rerig swaar.”
Commentaires