top of page

Inwoners Gekwes Deur DA Krag Pryse


Koop jy R100 se krag kry jy nou minder as 30 eenhede in plekke soos Veldrif, Saldanhabaai, Paarl en George.


Krag pryse skiet die hoogtes in terwyl die DA munisipaliteite groter en groter winste maak uit elektriseteits verkope se pryse wat afgedwing word deur raadslede se besluite.


Die nuwe voorgestelde Konsep Begrotings wat op 31 Maart voorgestel en goedgekeur was is onbekostigbaar en buitensporig – eenvoudig net te duur vir arm mense en werkers.


Alhoewel dit n konsep begroting is weet almal dat in die praktyk hierdie konsep begrotings in Mei maand net so goedgekeur sal word. Dit verstom dat die DA beheerde munisipaliteite van George en Bergrivier omtrent 14.59% tarief verhoging goedgekeur het in die huidige Konsep Begroting.


In St Helenabaai, Veldrif, Hopefield en Saldanhabaai Munisipaliteit moes GOOD telkemale plaaslike gemeenskappe by staan wat agterstallige rekeninge, prokureurs briewe, opveilings en blok van krag en water moes beveg het.


In hopefield het GOOD leiers, aktiviste en inwoners die munisipale geboue gesluit en geis dat die munisipale bestuurder skulde afskryf, prokureurs briewe terug trek, veilings van mense se meubels stop en mense deernis subsidies aanbied.

GOOD steun glad nie die tarief vethogings van 14 tot 17% in die Bergrivier, Saldanhabaai en George Munisipaliteit nie.

0 comments

Comments


bottom of page