Ellen Klaassen
Ward 8
As u in Parkdene woon dan ken jy seker vir Ellen Klaassen. Sy's mos gewoond haar neus in gemeenskapsake in te steek. Want sy gee om dat ons mense elke dag verder agtergelaat word deur 'n munisipaliteit van baaskap.
Sy gee om dat mense nog in gekrampte hokke bly.
Sy gee om oor die vullis wat ge-dump word.
Sy gee om oor die jeug wat nie werk het nie.
Sy gee om oor die inbrake.
Ellen staan reg om u te verteenwoordig, om 'n GOOD verskil to begin bring vir Parkdene se mense.
Stem vir Ellen in die by-election op 11 November.
Gammat Turner
Wyk 17
Gammat Turner's day job is teaching at Conville Primary. Na skool is hy 'n aktivis wat diep betrokke is in die welsyn van sy gemeenskap.
He's already doing the kind of work we want our councillors to do – now it's
time to vote for him and make it official.
Gammat staan vir plaaslike regering wat dienste vir almal lewer, nie net vir sekere gebiede, nie. Hy staan vir jeugprogramme en geriewe, en die bemagtiging en ontwikkeling van besighede in die wyk.
Hy staan vir 'n gemeenskap wat vir bejaardes omgee – waar meisies en vroumense veilig op straat en in hulle huise voel. En vir bekostigbare krag en water tariewe. Hy staan teen 'n munisipaliteit van korrupsie, baaskap en smokkel.
Stem vir Gammat in die 11 November by-election. Stem vir beter dienste vir Conville/Rosemoor.
Charleen Titus
Ward 14
Ons grootste issue in Rosedale is diensaflewering. Ons bel vir hulle om iets to raporteer, maar hulle bel nie terug nie. Dakke wat deur die wind beskadig is word nie herstel nie.
Krane loop oor, maar hulle sê dis die gemeenskap se probleem. Hulle kan nie eers eenvoudige rampies bou by die voordeurs van inwoners in rolstoele. As ons klaar gevote het sien hulle nie meer vir ons nie.
The council must provide the same level of services to all groups of people. If I lay a complaint there must be follow-up and feedback, and the same level of service expected by people in wealthier suburbs.
Behuising is onder groot druk. Backyards is oorvol en daardie mense wat in informele huise bly kry glad nie dienste nie. Daar is byvoorbeeld net een toilet en een kraan vir die 45 Rivierland Plakkers. Om die hoek het die regering honderde nuwe huise vrot gebou. Die huise moes herstel word en staan leeg.
Vote for Charleen on 11 November to re-connect government to the people.
Richard Hector
Ward 27
Richard Hector is 'n gebore Pacaltsdorper. Hy voel nie dat Goerge se munisipaliteit vir Pacaltsdorp se mense rerig omgee nie.
"Daar is geen belangstelling in ons areas van al vlakke van die regering," sê hy. Die grootste uitdaging is werkloosheid.
Daar is geen werk en geen sosiale, kulturele of ontwikkelingsgeleenthede vir die jongspan nie. Die munisipaliteit help glad nie.
Vat Go George, byvoorbeeld. Busse ry deur Pacaltsdorp, maar daar is geen werk vir Pacaltsdorp se mense nie. Behuising is nog 'n groot challenge in die wyk. Desperate families voel hulle het nie ander keuse as om shacks te bou. Dan moet hulle pleit vir water en ander basiese geriewe.
Vote for Richard on 11 November to make a difference in Pacaltsdorp.
Laat die poppe in George Council begin dans.
Comments