Smartie Town, in Wyk 5, Oudtshoorn, is ‘n blote skande.
Die hele ontwikkeling van ‘n paar honderde huise wat in die negentigerjare gebou is, is jare gelede as onveilig en ongesond veroordeel, maar geen poging is aangewend om die gemors reg te stel nie.
GOOD nasionale organiseerder, Shaun August LP, sê Smartie Town moet van vooraf af gesloop en herbou word. “Hulle val nie net neer nie,” het August gesê, “hulle vrot ook van binne. Dit is nie veilige omgewings vir ordentlike mense om in te woon nie.”
Carline Konstabel, GOOD se kandidaate vir raad in Wyk 5, sê: “As dit rēen dan loop die water deur die huise. Daar’s ‘n vrou wie se ruite stukkend was toe sy intrek, jare verlede. Die ruite is nog stukkend. Mense sukkel met TB as gevolg van die mif in daai huise. Sommige het al doodgegaan.
“Ek het al soveel keer met die munisipaliteit gepraat. Dan sê hulle dis die ANC regering wat die huise gebou het, en hulle moet regmaak.”
Volgens Konstabel het die vorige wyksraadslid die mense van Smartie Town die son en die maan belowe – en hulle dan aan hul lot oorgelaat.
Because of the housing backlog in Oudtshoorn many Smartie Town houses are radically overcrowded, adding to the strain on the community.
As gevolg van die agterstand in behuising in Oudtshoorn, is baie Smartie Town huise radikaal oorvol, wat die drugs probleem op die gemeenskap verhoog.
Comments